Rusland beloof wraak na hy 8 VSA-missiele afskiet

Rusland beweer hy het agt VSA-vervaardigde ATACMS-missiele afgeskiet wat deur Oekraïne afgevuur is. Moskou beskou die gebruik van hierdie missiele, wat ‘n afstand van tot 300 kilometer kan bereik, as ‘n reuse-stap. Die ministerie van Verdediging in Rusland sê hy sal weerwraak neem teen hierdie optrede deur die Kiëf-regime. Die uittredende Amerikaanse president, Joe Biden het Kiëf se gebruik van ATACMS in November goedgekeur. Oekraïne is verder bekommerd dat die inkomende Trump-administrasie noodsaaklike militêre hulp kan verminder. Trump het persoonlik belowe om die konflik te beëindig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *