Dâure Daman sal Dinsdag vergader na uitsetting van betogers

Die hoof van die Dâure Daman Tradisionele Owerheid, Sagarias Seibeb, het ‘n gemeenskapsvergadering aangekondig wat vir 7 Januarie geskeduleer is om die toenemende spanning na die uitsetting van betogers aan te spreek. Beeldmateriaal toon hoe lede van die polisie se spesiale reserwemag hardhandig vroue, en pensioenarisse, van hulle besetting van die kiesafdeling se kantore, verwyder. Die NBC berig gemeenskapslede het Seibeb se bedanking teen 18 November verlede jaar geëis as gevolg van ongerymdhede, veral met die Xinfengmyn. Seibeb sê dat hy reeds die bekommernisse deur die betrokke regeringsminister aangespreek het. Hy het ook gesê dat Xhingfeng-myn al ‘n geruime tyd geen geld aan die owerheid betaal nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *