Afskaffing van Zim-doodstraf verwelkom

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum verwelkom die Zimbabwiese president, Emmerson Mnangagwa se ondertekening van die Wet op die Afskaffing van die Doodstraf wat onmiddellik in werking tree. Die forum se president, Marothi Mashashane sê Zimbabwe sluit aan by 24 lande in Afrika suid van die Sahara wat reeds die doodstraf vir alle misdade opgeskort het, met twee bykomende lande wat dit net vir gewone misdade opgeskort het. Hy sê die doodstraf is nie deel van die Afrika-kultuur nie, en is tydens die koloniale era na die vasteland gebring.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *