Thai-owerhede konfiskeer bates van hospitaalmagnaat
Owerhede in Thailand het beslag gelê op bates van die hospitaalmagnaat, Boon Vanasin, nadat hy beleggers met meer as 7 miljard Namibiese dollar ingeloop het met ʼn bedrogspul oor denkbeeldige mediese projekte. Vanasin het Thonburi Healthcare Group gestig en word verdink van bedrog en geldwassery. Hy het glo meer as 240 beleggers oortuig om in fiktiewe projekte regoor Thailand, Laos en Viëtnam te belê. Hy het vooruitgedateerde tjeks aan slagoffers uitgereik waarvan die betaling geweier is, pleks van opbrengste. Hy word van verskeie oortredings aangekla, insluitend dat hy die publiek bedrieghet, geldwassery en oortredings van die Tjekwet.