Skuld: Individue kies kredietkaarte, persoonlike lenings
In sy jongste verslag oor kredietverlening aan die privaatsektor sê IJG Securities dat individuele skuld met 3,1 persent in November op ‘n jaargrondslag gestyg het. Oortrokke fasiliteite het net met 0,4 persent geklim en huislenings, met 1 persent. Maar, ander lenings, soos kredietkaarte en persoonlike lenings het met 8 persent, ook op ‘n jaargrondslag gestyg. Afbetalingskrediet is op met 9,7 persent. Oor die gemiddeld het privaat kredietverlening, aan beide besighede en individue, met 3,3 persent teenoor Oktober gestyg.