Israel erken nagaanval op missielfabriek in Sirië – in September ’24

Israel het onthul hy het maande voor die Assad-regime ineengestort het, troepe na Sirië ontplooi en ‘n nagoperasie van stapel gestuur om ‘n reuse ondergrondse missielfabriek te teiken. Volgens Israel is die fabriek deur Iran befonds. Die Israelse weermag sê die klopjag op 8 September verlede jaar is aangespoor deur missielvervaardiging wat by die fabriek naby Maysaf in die weste van Sirië begin het. Die Sirian Observatory for Human Rights-oorlogmonitor het vroeër berig 27 mense is in die klopjag dood. Die Israeliese weermag het geen ongevallesyfers bekend gemaak nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *