Duiste en Franse amptenare besoek Sirië

Die ministers van Buitelandse Sake van Duitsland en Frankryk is in Damaskus om ‘n nuwe politieke begin tussen Europa en Sirië te bevorder. Dit is die eerste amptelike besoek aan die land deur top diplomate van Europese Unie-lidlande sedert die omverwerping van Bashar al-Assad. Annalena Baerbock van Duitsland vra alle mense, ongeag etniese of godsdienstige agtergrond, moet ‘n plek hê in Sirië se politieke proses. Die Franse minister Jean-Noël Barrot het gister Christelike godsdiensleiers in Damaskus ontmoet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *