Djokovic uitgeskakel in Brisbane
Die voormalige wêreld nommer een Novak Djokovic se voorbereiding vir die Australiese Ope het ‘n terugslag gekry toe hy deur die yslike Amerikaner Reilly Opelka uit die Brisbane Internasionale toernooi geboender is. Opelka, wat 2,11-meter in sy sokkies staan, het briljant afgeslaan en net so goed Djokovic se afslane teruggeslaan. Hy het die 24-malige Grand Slam-wenner met 7-6, 6-3 oorrompel. Djokovic het voor die toernooi volgehou hy het op 37 steeds wat nodig is om jonger spelers te troef.