Besope Zamibiese polisieman in die sop na hy gevangenes op Nuwejaar vrylaat
Die Zambiese polisie sê ‘n interne ondersoek is gelas na ‘n besope polisiebeampte gearresteer is vir die vrylating van 13 aangehoudenes in die Leonard Cheelo-polisiestasie in die hoofstad, Lusaka. Hy het hulle vrygelaat om Nuwejaar te vier. ‘n Polisiewoordvoerder Rae Hamoonga sê op Nuwejaarsdag het die beampte, Titus Phiri, na bewering sleutels by ‘n kollega gegryp en die mans en vroue se selle oopgesluit. Die ontsnaptes, met sommige wat ernstige aanklagte in die gesig staar, is steeds op vrye voet en die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur.