Ruimterommel val op Keniaanse dorpie
Die Ruimte-agentskap van Kenia het bevestig ‘n metaalvoorwerp van 500 kilogram, wat vermoedelik deel was van ‘n vuurpyl se skeidingstadium, het in ‘n dorpie in die ooste van Kenia geval. Die agentskap se Aloyce Were sê amptenare het die gedeeltelik verbrande metaalring as ruimterommel uitgeken. Hy het verseker die rommel hou geen onmiddellike bedreiging in nie en beklemtoon daar is wêreldwyd ʼn uitdaging met die terugkeer van ruimterommel: