Dinosourusse het in Oxfordshire geloop

Brittanje se grootste versameling dinosourus-voetspore ooit is in ‘n steengroef in Oxfordshire ontdek. Sowat 200 reuse voetspore, wat 166-miljoen jaar oud is, deurkruis die kalksteen-bodem. Vier van die rye spore is die van Souropodes, ‘n 18-meter-lange plantvretende dinosourus wat op vier bene geloop het. Daar word vermoed die ander spore is die van die karnivoor Megalosaurus. Die spesie het op twee bene geloop en was die grootste roofdier in die Jurassic-tydperk in Brittanje. Wetenskaplikes kyk nou na maniere om die terrein vir die toekoms te bewaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *