Dakar: Giniel wil laaste een op hoogtepunt afsluit

Suid-Afrika se Giniel de Villiers wil sy Dakar-tydrenloopbaan op ‘n hoogtepunt afsluit met sy deelname aan vanjaar se wedren waarin Toyota Gazoo Racing ‘n span van vier motors op die roete plaas. De Villiers het ‘n uitstekende Dakar-rekord en het tydens sy loopbaan die tydren 22 keer voltooi, waarvan hy 20 onder die eerste tien was. Dirk Zitzewitz is vanjaar weer sy medebestuurder nadat hy en De Villiers in 2009 eerste geëindig het. Die wedren begin vandag in Saoedi-Arabië.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *