Saoedi stel 338 tereg in 2024
Saoedi-Arabië het ses Iraniërs vir dwelmhandel terggestel ná ‘n jaar waarin hy ‘n rekordgetal teregstellings uitgevoer het, volgens ‘n AFP-oorsig. Die land het in 2024 minstens 338 teregstellings uitgevoer, teenoor die 170 wat in 2023 aangeteken is, en die hoogste getal in dekades. Intussen het Iran die Saoedi-ambassadeur ontbied teen wat hy beskryf as die onaanvaarbare skending van die reëls en norme van internasionale reg. Veroordeelde dwelmhandelaars het ten minste 117 van diegene wat verlede jaar terggestel is, uitgemaak.