Weerdiens waarsku oor springgety, swaar neerslae in verre noordooste
Kusgemeenskappe en besoekers moet versigtig te wees tydens die springgety wat vandag op sy sterkste sal wees en getytoestande hewig sal raak. Die verskynsel kom voor wanneer die son, maan en Aarde tydens nuwe maan in ‘n reguit lyn is, wat die gravitasiekrag op oseane verhoog. Die weerdiens waarsku ook oor swaar reënval vir die twee Kavango- en die Zambezi-streke, en môre die Otjozondjupa-streek. Neerslae van meer as 80mm en kitsvloede kan voorkom en die toestande duur tot Donderdag.