AC Milan het weer, na 6 maande, nuwe afrigter

AC Milan het weer ‘n nuwe hoofafrigter na net ses maande. Dit volg nadat die Portugees Paulo Fonseca afgedank is. Die Italiaanse span is tans agste in die Serie A-kompetisie nadat hy slegs twee van sy laaste sewe wedstryde kon wen. Fonseca het Stefano Pioli in Junie vervang nadat die Italianer AC in 2022 tot sy enigste liga-titel gelei het. Die span het in sy laaste seisoen tweede geëindig na Inter Milan. Porto se gewese breier, Sergio Conceicao, vervang Fonseca tot 30 Junie 2026.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *