Walvis-polisie ondersoek gru-verkragting van baba, 13 maande oud
Die Erongo-polisie ondersoek ‘n saak van verkragting en seksuele mishandeling deur ‘n dagsorgmoeder in Kuisebmond, Walvisbaai. Die mag sê ‘n baba van 13 maande is deur die moeder by die dagsorg vroegoggend afgelaai en is half-ses die namiddag gehaal. Die kind is beseer en die dagsorgmoeder sê sy was heel dag alleen met die kind. Sy is gearresteer en die ondersoek duur voort.