Imalwa vra bewaringsbevel oor vermeende onwettige steenkoolmyn in Mpumulanga

Daar is ‘n dringende aansoek vanoggend in die hoërhof voor regter Eileen Rakow deur die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir ‘n aansoek om ‘n bevel vir die behoud van eiendom kragtens die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Die aansoek is gerig op verskeie bankrekeninge wat gehou word deur Elza Jordaan, Jacobus Jordaan, die Namka-trust en Welgevonde Farming by FNB Namibië. Volgens Imalwa is die fondse in hierdie rekeninge opbrengs van onwettige aktiwiteite, spesifiek geldwassery en die onwettige myn van van steenkool in Mpumulanga, Suid-Afrika. Imalwa sê 264 miljoen Namibiese dollar se steenkool is tussen 2021 en 2023 by plaas Witkranz onwettig gemyn. Die doel van die bewaringsbevel is om die fondse te bewaar hangende ‘n verbeuringsaansoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *