Hof weier borg aan Brockerhoff, bly agter tralies vir Februarie-verhoor
Borg is vandag in die Windhoek landdroshof geweier aan die vermeende reeksstroper Derick Brockerhoff. Sy mede-verdagte, Markus Rooinasie, het reeds borg van 3 000 Namibiese dollar ontvang. Tydens getuienis het Brockerhoff gesê Rooinasie het in April die koedoe en gemsbok waarmee hulle net buite Windhoek betrap is, geskiet en hom net vir hulp gevra. Kosmos 94.1 Nuus is in besit van meer as 20 sake teen hom regoor die land in verband met stropery en dwelms. Brockerhoff word deur prokureur Boris Isaaks verdedig. Die saak is uitgestel tot 28 Februarie vir verhoor.