Nuwe strategie sal groente-invoerbeperkings geleidelik lig
Die gedeeltelike invoerbeperkings vir groente vanaf Suid-Afrika is steeds in die nuus, na Botswana se nuwe regering planne aangekondig het om sy algehele verbod geleidelik te lig. Die Namibiese Akkerbouraad het in November vanjaar planne aangekondig om invoerbeperkings geleidelik te verlig onder ‘n nuwe gewaswaardeketting-ontwikkelingstrategie vir 2025-2030. Die doel is om oor te skakel na ‘n meer mededingende mark, om beskermende maatreëls te verminder, terwyl billike handel binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie verseker word. Namibië het 2005 invoerbeperkings, ook seisoenaal, ingestel wat begin het op 5 persent plaaslike verkryging en wat tans op 47 persent staan in ‘n poging om akkerbou-produksie ‘n hupstoot te gee.