Erongo-polisie ondersoek moord na vrou met 11 steekwonde gevind is

Die Erongo-polisie ondersoek ‘n saak van moord na die 37-jarige Jogobeth Gawanas dood gevind is met 11 steekwonde. Die mag sê haar kêrel het haar vroegoggend in die huis met sy broerskind gelaat om te gaan werk. Die jongman het later by die werk opgedaag en die kêrel is huis toe waar hy Gawanas, met die mes by haar liggaam, gevind het. Die jongman, 23 jaar oud, is gearresteer en ‘n ondersoek na die voorval is gelas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *