Windhoek verwelkom 35 Kersbabas

Daar was ekstra Kersfees-vreugde in die Khomas-streek se staatshospitale vanjaar met altesaam 35 nuwe Namibiërtjies wat die lewe binnegekom het. Vroedvrou Getrude Gaingos sê die Windhoek Sentraal Hospitaal het 12 geboortes aangeteken, waarvan ses seuntjies was en ses dogtertjies. By die Katutura Intermediêre Hospitaal is 23 Kersbabas gebore, nege seuntjies en 14 dogtertjies. Verlede jaar is net ses Kersfees-babas in Windhoek gebore.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *