Swakop, Walvis burgemeesters sê dankie, kyk vorentoe

Die burgemeesters van Swakopmund en Walvisbaai sê 2024 was ‘n uitdagende jaar. Die buurdorpe het mekaar ondersteun en plaaslike besighede en kliënte op innoverende maniere bygestaan. Walvisbaai-burgemeester Trevino Forbes het die dorp se inwoners bedank en die hawedorp se rol as ‘n leier in ekonomiese ontwikkeling uitgelig.

Blasius Goraseb, die burgemeester van Swakopmund, sê dit was ‘n merkwaardige jaar. Vir sommige families was dit ‘n jaar van deurbrake, terwyl ander aansienlike verliese gely het. Hy het ‘n boodskap vir die hele land.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *