Pous vra gesprekke om Oekraïne-oorlog te beëindig

Pous Franciskus het in sy Kersboodskap gevra vir samesprekings tussen Oekraïne en Rusland om die oorlog te beëindig wat gevolg het op Moskou se inval twee jaar gelede met tien-duisende wat reeds in die oorlog dood is. Hy het gepraat op die balkom van die St Petrusbasiliek met duisende mense wat in die plein saamgedrom het, en gevra wapens moet stilgemaak word in die oorloggeteisterde Oekraïne. Die 88-jarige Franciskus, wat die 12de Kersfees van sy pousskap vier, het gevra vir ‘n einde aan politieke, maatskaplike en militêre konflikte, in lande soos Libanon, Mali, Mosambiek, Haiti, Venezuela en Nicaragua.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *