Pakistan-snelbouler Khurram Shahzad reg vir SA toetse

Krieket: Die Pakistanse snelbouler Khurram Shahzad is ingesluit in die toetsgroep vir die reeks van twee wedstryde teen Suid-Afrika. Die 25-jarige sluit hom aan by sy mede-snelbouler Mohammad Abbas wat vir die eerste keer sedert 2021 terugkeer na die toetsgroep. Shahzad is nie opgeneem in die groep vir die tuistoetsreeks teen Engeland in Oktober nie weens ‘n sybesering. Pakistan se toetskaptein Shan Masood sê die terugkeer van Shahzad en Abbas is ‘n welkome ontwikkeling vir die span. Die eerste toets begin vandag in Centurion.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *