Kinders onder oorlewendes van Kazakstan-vliegtuigongeluk

Daar is kinders onder die 29 mense wat lewendig gered is uit die wrak van ‘n passasiersvliegtuig wat op Kersdag in Kazakstan neergestort. Die owerhede sê 38 van die 67 mense aan boord is in die ongeluk dood. Volgens die redery het die vliegtuig aan die brand geslaan terwyl dit ‘n noodlanding probeer maak het naby die Kazakstaanse stad Aktau. Die vliegtuig was op pad na Grozny in Rusland maar moes weens digte mis van rigting verander. Onbevestigde berigte deur die Russiese media sê die vliegtuig kon dalk voor die neerstorting in ‘n swerm voëls vasgevlieg het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *