Bestuurders op B1 se padgedrag wek kommer
Die Namibiese Polisie in die Otjozondjupa-streek het kommer uitgespreek oor die houding van sommige bestuurders op die B1, wat voortdurend verkeerswette en -regulasies verontagsaam. NamPol se gemeenskapskakelbeampte, senior inspekteur Maureen Mbeha, vra vir nakoming van die wette en versoek motoriste om noodvoertuie die reg van weg te gee, aangesien sommige bestuurders dit ignoreer. ‘n Totaal van 14 motorongelukke was in die naweek se misdaarverslag gerapporteer. Altesaam 9 mense het gesterf, waarvan vier voetgangers was. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamPol Kommissaris Petrus Swartz, wat uitbrei.