Wees veilig, versprei liefde hierdie Kersfees
Boodskappe van welwillendheid stroom in soos die Kersseisoen ontvou. Ongwediva burgemeester Tarah Shanyefu het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om minderbevoorregtes in gedagte te hou in hierdie tyd van feesviering. Hy doen ‘n beroep op die publiek om liefde te versprei en vriendelikheid te betoon aan behoeftiges, en om te verseker dat niemand tydens die feestyd agterbly nie. Shanyefu vra ook dat almal veilig bly terwyl hulle tyd saam met familie en vriende geniet.