Aussie dubbels-kampioen voorlopig uit oor verbode middels

Tennis: Die Australiese ster-speler Max Purcell is voorlopige geskors vir gebruik van verbode middels nadat hy skuld erken het aan oortreding van regulasies. Die 26-jarige is ‘n tweemalige Grand Slam-dubbelskampioen na sy oorwinning op Wimbledon saam met sy landgenoot Matt Ebden in 2022 en die Amerikaanse Ope saam met die Amerikaner Jordan Thompson vanjaar. Die skorsing beteken Purcell sal nie volgende maand aan die Australiese Ope kan deelneem nie. Tennis Australië sê die oortreding hou verband met ‘n verbode metode eerder as ‘n verbode middel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *