Vier mans in warm water oor dwelmsDecember 23, 2024
Die Namibiese polisie op Outjo het twee mans in hegtenis geneem na hulle met dagga in hulle besit betrap is. Volgens die naweek-misdaadverslag is ‘n 30-jarige man Saterdagmiddag in Herero-lokasie deursoek en daar is beslag gelê op 38 gram los dagga ter waarde van 900 Namibiese dollar. Later dieselfde middag is ‘n 48-jarige man by sy huis in Soweto-lokasie gearresteer na 84 gram los dagga van sowat 4 200 dollar in die huis gevind is. Op Otjiwarongo is ‘n 23-jarige man in Orwetoveni aangekeer na 9 stukke crack-kokaïene wat 900 dollar werd is op hom gevind is. Ook in Orwetoveni het ‘n 27-jarige man 52 gram dagga ter waarde van 490 dollar in sy besit gehad en hy is gearresteer.