Duitse regering loop deur oor Kersmark-ramp
Vrae neem toe oor of die Duitse regering meer kon gedoen het om die inploeg van ‘n voertuig in ‘n Kersmark te keer waarin vyf mense dood en meer as 200 beseer is. Die Saoediese verdagte, die 50-jarige psigiater en anti-Islam-aktivis Taleb al-Abdulmohsen, het aanlyn Duitse burgers gedreig en het ‘n geskiedenis van onderonsies met staatsowerhede. Die nuustydskrif Der Spiegel berig die Saoediese geheime diens het ‘n jaar gelede Duitsland se spioenasie-agentskap gewaarsku oor ‘n twiet waarin Abdulmohsen gedreig het Duitsland sal die prys betaal vir sy behandeling van Saoediese vlugtelinge.