Assam-staat in Indië sit stryd voort teen kinderbruide

Streng optrede teen onwettige kinderhuwelike in die noordooste van Indië het gelei tot byna 5 000 arrestasies, nadat 416 mense aangehou is in die jongste klopjag deur die polisie. Die hoofminister van die Assam-staat, Himanta Biswa Sarma, sê hulle sal steeds sterk optree om dié maatskaplike euwel uit te roei. Indië is volgens die Verenigde Nasies die tuiste van meer as 220-miljoen kinderbruide, maar die aantal kinderhuwelike het hierdie eeu dramaties afgeneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *