Organisasie wil appelleer teen Stilfontein-hofuitspraak

Die groep, Mining Affected Communities United in Action, onderneem om te appelleer teen ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat sy aansoek van die hand gewys het om reddingsoperasies af te dwing vir vasgekeerde myners in Stilfontein, Noordwes. Aktiviste beskryf dit as ‘n doodsvonnis. Die organisasie sê die uitspraak lig sistemiese mislukkings uit, wat insluit die staat se nalatigheid oor mynsluitingregulasies, terwyl polisiëring voorkeur kry bo myners se reg tot lewe. Hulle eis onmiddelike optrede deur die staat en sistemiese hervorming om kwesbare gemeenskappe te beskerm wat geraak word deur nalatigheid deur die mynbedryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *