Biden gee Taiwan N$10,5-miljard se verdedigingshulp

Die Amerikaanse president Joe Biden het verdedigingshulp van 10,5-miljard-rand vir Taiwan aangekondig terwyl die Demokraat voorberei om die pos te ontruim voor Donald Trump se inhuldiging in Januarie. Amerika erken Taiwan nie amptelik wat die diplomasie betref nie, maar is die selfregerende eiland se strategiese bondgenoot en grootste wapenverskaffer. China, wat in onlangse jare politieke en militêre druk teen Taiwan verskerp het, het Washington herhaaldelik gevra om op te hou om wapens en bystand te stuur aan die eiland. China maak aanspraak op Taiwan as deel van sy grondgebied.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *