Amerika verkoop N$92-miljard se militêre toerusting aan Egipte
Amerika se regering het die verkoop goedgekeur van meer as 92-miljard Namibiese dollar se militêre toerusting aan Egipte. Dié Afrikaland het ‘n al hoe nader vennoot geword in bemiddelling in die krisis in Gaza, ondanks ernstige kommer oor menseregte. Die transaksie sluit in 555 tenks, 2 183 Hellfire lug-tot-oppervlak missiele en presisie-geleide ammunisie. Buitelandse Sake sê die verkoop sal die buitelandse beleid en nasionale sekerheid van die Verenigde State steun, deur te help met die verbetering van die sekerheid van ‘n belangrike nie-NAVO-bondgenootland wat steeds ‘n groot strategiese vennoot in die Midde-Ooste bly.