Swakopmundse vrou sterf in ongeluk op B2
Meer inligting is bekend oor die noodlottige ongeluk gisteraand net na 8-uur op die B2-pad sowat 33km buite Swakopmund. Die Erongo-polisie sê ‘n Nissan X-trail met ‘n suster en broer was op pad na die kusdorp, met ‘n Volkswagen Polo agter hulle. Die suster het die X-trail bestuur wat effe van die pad gegaan het. Toe sy dit probeer terugbring het dit die kant van die pad hard getref en begin rol, en op die Polo se enjinkap beland. Die suster, die 28-jarige Beatrice Catherine Brock van Swakopmund, het op die toneel aan haar beserings beswyk. Haar broer was lig beseer en die bestuurder van die Polo, ‘n 27-jarige vrou van Windhoek, het geen beserings opgedoen nie.