Ministerie sê nee vir Fafa se 59 sent aansoekDecember 20, 2024

Die uitvoerende direkteur in die energie-ministerie, Penda Ithindi, het ‘n aansoek vir ‘n verhoging van 59 sent in die heffing van die handelaarsmarge vir brandstofkleinhandelaars van die hand gewys. In ‘n brief aan die Fuel and Franchise-vereniging se Deklen Viviers sê Ithindi die heersende klimaat toon opwaartse druk op oliepryse en dit plaas druk op die ekonomie. Dus, sê hy, kan die aansoek nie nou oorweeg word nie maar, die ministerie sal ontwikkelings noukeurig monitor. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *