Brittanje gee Oekraïne militêre hulppaket
Brittanje het ‘n militêre hulppakket ter waarde van 5,2-miljard Namibiese dollar aan Oekraïne onthul, insluitend hommeltuie, bote en lugverdedigingstelsels. Dit volg nadat die Britse minister van Verdediging, John Healey, gister samesprekings met sy Oekraïense eweknie, Rustem Umerov gevoer het. Hy het beloof om in 2025 Britse steun aan Oekraïne te versterk. Healy het gesê drie jaar sedert die Russiese president, Vladimir Putin die inval in Oekraïne beveel het, is die omvang van sy berekeningsfout duideliker as ooit, met die dapper mense van Oekraïne se onwrikbare gees wat alle verwagtinge oortref.