Oekraïense burgerlikes trek swaar
Die Verenigde Nasies se kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê burgerlikes in Oekraïne byt die spit af van die verergerende Russiese aanvalle, terwyl ongevalle skerp styg. Verlede maand is 65 burgerlikes dood en 372 gewond in 11 streke, wat dubbel soveel was as die vorige maand. Lisa Doughten van die VN sê aanvalle duur daagliks voort, en veroorsaak dood, verwonding en ongekende lyding onder gewone Oekraïners, en die vernietiging van en skade aan burgerlike infrastruktuur.