Geen passasiers die vakansie nie, TransNamib prioritiseer vragDecember 17, 2024
TransNamib sal nie die feestyd passasiers vervoer nie. Nuwe lokomotiewe is bestel maar, sal eers oor die komende twee of drie maande afgelewer word. Die maatskappy se uitvoerende hoof Desmond van Jaarsveld sê hulle prioritiseer die mees winsgewende vrag op die oomblik.