Namibië mans klop Ierland 7-2 in Nkosibeker-toernooi

Namibië se mans binnenshuise hokkie-span het hul openingswedstryd by die Nkosibeker-toernooi in Kaapstad teen Ierland met 7 – 2 gewen. Die mansspan is ook die Afrika-kampioene. Die vrouespan, verlede jaar se kampioene, se eerste wedstryd is vandag om kwart-voor-een teen Suid-Afrika. Hulle speel weer om half-sewe teen Ierland. Die mansspan kom om kwart-voor-agt vanaand teen Suid-Afrika te staan. In ander sportnuus het Namibië se damesspan die vyfde plek in die Afrika Netbalbeker 2024 verseker met ‘n 54 – 46 oorwinning teen Zambië. Die toernooi kom vandag by die MTC Dome in Swakopmund tot ‘n einde.