Trott nog ‘n jaar by Afghanistan krieket
Krieket: Afganistan het Jonathan Trott se kontrak as hoofafrigter vir nog ʼn jaar verleng. Die beheerliggaam sê die Suid-Afrikaans-gebore voormalige Engelse kolwer het ʼn aansienlike bydrae gelewer tot die land se deurbraak-jaar toe hulle die halfeindronde gehaal het van die T20-Wêreldbekertoernooi. Dit was die eerste keer dat Afhanistan tot die voorlaaste ronde van die toernooi deurgedring het. Die land speel ook volgende jaar die eerste keer in die Kampioenebeker-toernooi. Afhanistan besoek Zimbabwe van volgende week vir ‘n toer van al die formate.