SA sluit weer Lebombo-grenspos na Mosambiek
Die Grensbestuursowerheid het algemene vragverwerking en beweging van passasiers by die Lebombo-grenspos tydelik gestaak weens hernude betogings aan die Mosambiek-kant. Die grens is sedert Oktober kort-kort gesluit omdat betogings ná die buurland se verkiesing uitgebreek het. Die owerheid se waarnemende kommissaris, Jane Thupana, sê onderhandelinge is met verskeie vakbonde en rolspelers aan die gang om gebeurlikheidsplanne voor te stel.