62% van SA publiek dink teenkorrupsie-pogings werk nie

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê 62-persent van die publiek glo die pogings van die regering om korrupsie te bekamp, is nie doeltreffend nie. Die raad het die bevindings van ‘n veeljarige studie getiteld Corruption and Behaviour Change: Tracking Social Norms and Values in South Africa, bekend gestel. Hy het bevind dat omkopery deur staatsamptenare tussen 2006 en 2023 sterk toegeneem het. Die raad sê die meerderheid van die publiek glo die wet is ten gunste van die rykes en mense met mag.