TransNamib wil spoorlyn na Upinton herbenut
TransNamib beoog om die land se betroubare grootmaat logistieke verskaffer te word. Een van die stappe is om weer die spoorverbinding na Upington in die Noord-Kaap te begin gebruik. TransNamib se spoorstelsel is gekoppel aan die van Transnet in Suid-Afrika, maar dié lyn is vir meer as ’n dekade nie vir grootmaat vragvervoer gebruik nie. Die maatskappy beoog om 4 miljoen ton vrag per jaar te begin vervoer sodra hulle nuwe lokomotiewe en waens het. TransNamib het onlangs hul planne met die media gedeel. Kendall Swartz, TransNamib se uitvoerende hoof van kommersieël en bemarking, deel meer.