Tekort aan teengif vir slangbyte 

Die Suid-Afrikaanse Entstofvervaardigers, wat deel is van die Nasionale Gesondheidlaboratoriumdiens, sit met vertragings met die produksie van slangbytteengif weens opgradering aan die fasiliteit, wat voorrade laat leegloop het. Die woordvoerder van die laboratorium, Mzi Gcukumana, sê die diens het begin met ‘n opknappingsprojek om teengifvervaardiging doeltreffend te verbeter. Die inisiatief sal vorige kommer aanspreek oor masjinerie wat breek, meestal weens verouderde toerusting en onvoldoende infrastruktuur: