Skotland, Maori’s sal mekaar weer na 25 jaar aandurf
Rugby: Skotland speel vir die eerste keer in 25 jaar teen die Nieu-Seelandse Maori’s, as deel van hulle toer deur die Suidelike Halfrond aanstaande jaar. Die wedstryd in die Semenoff-stadion in Whangarei op die vyfde Julie is die begin van ʼn toer wat ook twee toetse insluit teen lande in die Stille Oseaan, wat nog bevestig moet word. Skotland se afrigter, Gregor Townsend, sê dit sal ʼn wonderlike geleentheid wees om hulle spelerspoel te vergroot en om hulself teen sterk teenstanders te toets.