Ondersoek na 406-ongeluk in Mei vanjaar, vorderDecember 9, 2024

Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke het op 24 Mei ‘n voorlopige verslag vrygestel oor die neerstort van ‘n Cessna 406 in Pionierspark op 3 Mei, wat die lewens van drie WestAir-werknemers geëis het. Die verslag het aangedui dat ‘n wanfunksie van die vliegtuig se linkerenjin die waarskynlike oorsaak was. Kort ná die vliegtuig vanaf Eros-lughawe opgestyg het, is rook uit die linkerenjin waargeneem, wat bevestig is deur CCTV-beeldmateriaal. Die vliegtuig het toe skerp na links geduik en neergestort. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met ‘n direktoraat-ondersoeker, Ben Engelbrecht, wat sê sekere onderdele word nog getoets as deel van die ondersoek.