Groenwaterstof-lokomotiewe op ys, geld tekorte
TransNamib sê die planne om groenwaterstof aangedrewe lokomotiewe te toets is eers op ys weens befondsing en logistieke uitdagings. TransNamib se uitvoerende hoof Desmond van Jaarsveld sê die projek was aanvanklik beplan met ‘n konsortium wat betrokke is wat Hyphen en CMB.Tech ingesluit het en ten doel gehad om twee lokomotiewe aan te pas vir dubbelbrandstof-gebruik. Ten spyte van belangstelling en voorlopige besprekings, is daar nie geld daarvoor nie. Van Jaarsveld sê die direksie en bestuur het besluit om die projek eers op ys te plaas tot die tydsberekening en hulpbronne ooreenstem.