Boek oor Nama-vroedvroue belig kultuur-verdwyning
Professor Siona O’Connell van die Universiteit van Pretoria het haar grensverskuiwende kinderboek, My Derde Ouma, bekendgestel. Die boek bring hulde aan die waardevolle bydrae van Nama-vroedvroue, wie se kennis weens moderne medisyne besig is om te verdwyn. Namibië, die tuiste van die Nama-volk, het nog nie so ‘n publikasie nie. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Maria Skrywer, die stigter van die Nama Kulturele Groep, wat sê hulle beplan om ook ‘n boek oor hul kultuur te skryf om dit te bewaar.