Al-Assad kry asiel in Moskou, Al-Jolani in beheer in Damaskus

Russiese staatsmedia berig dat die afgesette Siriese president Bashar al-Assad in Moskou is en asiel toegestaan is nadat die Russiese ministerie van buitelandse sake vroeër gesê het hy het uitgetree en die land verlaat. Siriese opposisievegters sê al-Assad se bewind van 24 jaar het tot ‘n einde gekom nadat hulle die hoofstad, Damaskus, oorgeneem het. ’n Aandklokreël is in Damaskus afgekondig en ligte bly afgeskakel oor vrese oor ‘n Israelse aanval. Intussen sê Benjamin Netanyahu sy  magte is in ‘n buffersone in die besette Golanhoogte. Siriërs regoor die wêreld vier fees na Abu Mohammad al-Jolani se magte die Assad-regime omver gewerp het.